top of page

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal Goodwood  – Geloofsbelydenis

 

1. Ons glo in die geskrifte van die Ou- en Nuwe Testamente – in hul oorspronklike vertalings – as ten volle geïnspireerd deur God en aanvaar dit as die verhewe en finale outoriteit van geloof en lewe.
 

2. Ons glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees.        
 

3. Ons glo dat Jesus Christus deur die Vader gegee is, verwek is deur die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria
en waarlik God en waarlik mens geword het.
 

4. Ons glo dat God die mens na Sy eie beeld geskape het; dat die mens gesondig het en as gevolg hiervan die loon van die sonde, nl die dood (liggaamlik en geestelik) verdien; dat alle mense ‘n sondige natuur erf wat tot volle oortreding en
persoonlike skuld lei by die bereiking van morele verantwoordelikheid.
 

5. Met betrekking tot seksuele gedrag, glo ons  in heteroseksuele verhoudings tussen ‘n natuurlike man en ‘n natuurlike vrou
binne ‘n wettige huwelik.  Om hierdie geskrewe beginsel van seksuele gedrag te onderskryf is ‘n noodsaaklikheid tot lidmaatskap
van die Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal.


6. Ons glo dat die Here Jesus Christus vir ons sondes gesterf het as ‘n plaasvervangende offer volgens die Skrifte en dat almal
wie in Hom glo, geregverdig word op grond van Sy gestorte bloed.


7. Ons glo in die liggaamlike opstanding van die Here Jesus, Sy opvaarding na die hemel en  Sy teenwoordige lewe as
ons Hoëpriester en Middelaar. 


8. Ons glo in die persoonlike wederkoms van onse Here Jesus Christus.


9. Ons glo dat elkeen wie hulle sondes bely en die Here Jesus Christus aanneem met geloof, is wedergebore deur die
Heilige Gees en word kinders van God.


10. Ons glo in die doping met die Heilige Gees, deur wie gelowiges toegerus word vir diens, met die gepaardgaande
bonatuurlike gawes van die Heilige Gees; en in gemeenskap met die Heilige Gees. Ons glo in die God ingestelde bedieninge van Apostel, Profeet, Evangelis, Herder en Leraar.


11. Met betrekking tot onderdanigheid aan gesag, glo ons in die beginsel van gesag, want ons staan onder gesag.
Dit is dus noodsaaklik dat lede hulle sal onderwerp in onderdanigheid aan gesag, tot sake wat betrekking het tot kerkregering,
leerstelling en persoonlike gedrag.


12. Ons glo in die opstanding van regverdiges sowel as onregverdiges, die ewige seëninge aan die verlostes en die
ewige verdoemenis aan hulle wie die offer tot saligheid verwerp het.


13. Ons glo dat die een ware kerk die volle gemeenskap is van hulle wie deur Jesus Christus verlos is en
wedergebore is deur die Heilige Gees; dat die plaaslike kerk op aarde geestelik die karakter moet aanneem  van hierdie konsep
van die kerk en dat die wedergeboorte en persoonlike belydenis van Christus daarom noodsaaklik is vir kerklidmaatskap.


14. Ons glo dat die Here Jesus Christus twee sakramente ingestel het – die waterdoop en die Here se avondmaal as
bewys van gehoorsaamheid en as ‘n sigbare getuienis tot die onwrikbare feit van die Christelike geloof;
dat die doop geskied deur onderdompeling van die gelowige in water as belydenis van sy eenwording
met Christus se dood en opstanding en dat die Here se avondmaal deur die deelname aan die brood en wyn simbolies
is aan die Verlosser se gebroke liggaam en gestorte bloed, ter nagedagtenis aan Sy offerdood, totdat Hy kom.


15. Ons glo dat voorsiening in die Ou en Nuwe Testamente vir Goddelike genesing gemaak is as ‘n integrale deel van die Evangelie.


16. Ons glo dat die Bybel ons leer dat sonder heiligmaking niemand die Here sal sien  nie.
Ons glo in die leer van heiligmaking as ‘n besliste, maar tog as ‘n voortdurende werk van genade,
wat aanvang neem tydens die wedergeboorte en wat voortgaan tot by die voltrekking van verlossing.

Hiermee erken ek ontvangs van die geloofsbelydenis van Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal Goodwood en neem kennis daarvan, dat ek op geen raad of enige ander departement mag dien nie, tensy ek myself  ten alle tye, ten volle onderwerp aan die Woord van die Here en die geloofsbelydenis van die gemeente.

bottom of page